LANDSDIENS / LAND SERVICE - ONS LEUSE: "Facta non Verba" - Dade is beter as woorde |
Indien jy 'n persoon is wat daarvan
hou om diens te lewer
en na jou naaste uit te reik,
terwyl jy pret het,dan is
LANDSDIENS VIR
JOU!!!
Landsdiens is die deel van Hoërskool Kriel se kultuur, waar jy die kans kry om, terwyl jy
groot pret het, meer te leer oor jou omgewing en die mense om jou. Dit word met groot entoesiasme en onder die
vaardige leiding van tannie Dina Kriel, deur ongeveer 40 lede beoefen. Sedert Landsdiens as aktiwiteit in 2002
begin is, groei ons ledetal jaarliks.
Alle aktiwiteite en projekte wat ons
beplan berus op die 4 pilare waarin ons glo:
Ons het groot pret tydens ons aktiwiteite soos safari-etes, waterspele en dan natuurlik
ons eie fear factor, waartydens die dogters die seuns gewoonlik ‘n ding of twee wys (Wie het nou weer vir wie laas
uitgedaag?)
Verder wys ons ook dat ons kreatief en handvaardig is (wel sommiges seker meer as ander).
Ons maak gereeld geskenkies vir valentynsdag, vrouedag, moedersdag en vadersdag. Ons nuutste suksesvolle
handvaardigheidsaktiwiteit was die scoobies wat ons gemaak het waarmee ons R2000 vir die kinderhuis ingesamel
het.
Ons is ook groot op gemeenskapsprojekte. Ons neem jaarlikse deel aan die
Groot-dorpskoonmaak-projek, samel hondekos en katkos in vir die DBV en gaan kuier by die mensies in die aftree-oord
of gaan sit handjie by met die kinderhuis kinders se huiswerk. Ons suksesvolle broodjie-projek is nou al 5 jaar aan
die gang.
Behalwe vir ons klubkampe is daar in Landsdiens jaarliks ook provinsiale kampe, waar die
skole in streeksverband saam kamp. Ons val in die Mpumalanga streek. Op die provinsiale kampe kan jy gekies word om
aan die einde van die jaar op die nasionale kamp te gaan. Streke van oor die hele land woon die kamp by. (Hierdie
kampe vat jou die hele land vol – Ons het al tot in die Kaap gevlieg ook!)
Jy verdien punte elke keer as jy ‘n kamp bywoon en aan die aktiwiteite deelneem.
Mpumalanga Landsdiens beloon die pligsgetroue Landsdieners jaarliks met silwer-, goue- of leierskaptoekennings. Jy
kan selfs so ver gaan om jou junior of senior springbokkleure vir landsdiens te kry. Die skool ken ook diplomas,
balkies en erekleure toe vir deelname aan Landsdiens. Dan is daar natuurlik ook nog die gesogte Landsdiener van die
Jaar trofee, waarvoor almal meeding. So, Landsdiens is nie net ‘n aktiwiteit wat jou besig en uit die moeilikheid
uit hou nie, daar is baie wat jy kan wen terwyl jy pret het.
|