Want by Hoërskool Kriel sê ons nie net ons is die beste nie, ons is dit!

AAN ELKE GRAAD 7 LEERLING EN OUER/ A MUST READ TO EVERY GRADE 7 LEARNER AND PARENT:

Liewe Gr. 7 / Dear Gr. 7

Die tyd het aangebreek dat jy een van die grootste en belangrikste keuses in jou lewe moet maak. The high school you choose is going to determine your future. That's why we want you to make the right decision the first time.

By Hoërskool Kriel kry jy die kans om jouself as 'n individu te ontdek en uit te leef. With all the opportunities that this school can offer you, you will definitely find yourself and your passion.

Of dit nou sport, akademies of kultuur is, by Hoërskool Kriel doen ons alles wat ons doen, GOED!!! Ons het nie net puik sportspanne en kranige redenaars en akteurs nie, ons spog ook met uitstaande prestasies op akademiese gebied. It doesn't matter if you're an Einstein, Brian Habana or Charlize Theron. You will be able to shine at Kriel High.

Op hierdie stadium is daar baie onserkerheid in jou lewe en lyk jou toekoms heel ver en onbekend. Kriel High would like to help you colour your future and make it as bright and lovely as possible.

KIES REG, KIES HOëRSKOOL KRIEL!! CHOOSE RIGHT, CHOOSE KRIEL HIGH!!

EN WORD DEEL VAN DIE KRIEL VIR KRIEL GEMEENSKAP! DIT BETEKEN:

  • DIE SKOOL IS ELKE DAG BINNE DIE BEREIK VAN ELKE LEERDER 
  • JY KAN GERIEFLIK AAN ALLES DEELNEEM WAT JOU HART BEGEER 
  • JY HOEF NIE DIE HELE DAG VAN DIE HUIS AF WEG TE WEES NIE 
  • EN JY HOEF NIE ONNODIGE DUUR VERVOERKOSTE TE BETAAL NIE 

 

KIES KRIEL VIR KRIEL EN GEE JOUSELF 10/10 VIR DIE VRAAG:

WAAR IS DIE SKOOL WAAR EK GAAN TUIS VOEL?

OP WATTER SKOOL GAAN EK TROTS WEES?

WAAR GAAN EK DIE BESTE PRESTEER?

KRIEL VIR KRIEL!!

Groete vanuit ons 10/10 skool

Van al die HSK leerlinge

BOODSKAP VAN ONS HOOF / MESSAGE FROM OUR PRINCIPAL

Geagte Gr. 7-ouers

Dit bly 'n belangrike dag wanneer ons kinders hoërskool toe gaan. Omdat ons as hoof en personeel by Hoërskool Kriel self ouers is, weet ons u wil net die beste besluit in belang van u kind neem.

As die enigste hoërskool in Kriel, het ons 'n verantwoordelikheid teenoor u en u kind. Ons gee om vir ons dorp se tieners en kan in samewerking met die groot werknemers, die kerke en ander rolspelers in die dorp, net die beste vir hulle aanbied. Ons is ook gerieflik naby en koste effektief. Dit is belangrik dat 'n tiener die voorreg moet hê om saam met sy dorp se eie tieners skool te gaan en hierdie belangrike maar ook heerlike vormingsjare te deel.

Daar is belangrike inligting wat ons met u kan deel oor al die hoërskool dinge wat voorlê, en wil graag persoonlik met u gesels oor wat ons alles hier doen en veral ook wat ons nog meer vir 2013 beplan. Daarom nooi ons u baie hartlik uit om te kom kuier tydens ons ope-aand vir Kriel se ouers op 26 Julie 2012. Van ons klaskamers en ons restaurant sal vir u gerief oop wees vanaf 17:30-18:25 om op u eie tyd te besigtig. Daarna sal ons in die saal byeenkom om al u nodige vrae te antwoord en onsekerhede uit die weg te ruim.Ons sien uit daarna om u te ontmoet.

Vriendelike Kriel groete

H POTGIETER

HOOF